Familie Gunsteling bevat resepte van ons familie, van my Ouma Kotie se gemmerkoekies tot my Ma se Sondag Asynpoeding. Familie Gunsteling bevat ook van my resepte wat ek self uitgedink het.
Hoop julle geniet die boek en maak baie lekker kos hieruit.
![]() |
Rysiesperd Joined: Nov-28-2013 |
Ek het nog altyd baie van kosmaak gehou. Van kleintyd af het ek my ma in die kombuis gehelp. Nou baie jare later het my passie vir kosmaak net bly groei. Ek hou baie van verkillende kosse maak en om nuwe disse uit te toets. Ek hou ook baie daarvan om te bak en my droom is om eendag my eie restaurant en bakery te hê.